Tuesday, February 11, 2014

Hoe om hierdie blog te gebruik

Hier is 'n magdom handige wenke wat heelwat werk en navorsing behels op hierdie blog wat begin vanaf  Julie 2010. U sal dit nerens anders kry nie, want dit is onse eie werk.

Ons gee nie om dat ander persone dit gebruik en publiseer nie maar versoek net dat hulle erkenning sal gee aan die Clydesdale GPsF wat die outeurs daarvan is.

ONS BEHANDEL HIER DIE VOLGENDE ONDERWERPE:


Om ALLES te sien moet u asb aan die einde van elke bladsy op die skakel klik wat lees: "Older Posts".
U sal dan by die toepaslike artikel uitkom.

Ons het ook probeer om met "Hypertext" die onderwerpe uit te lig. Klik net oor die onderwerp met u muis.

KL

Wat presies is Gemeenskapspolisiëring?

Geagte Inwoners en CPF lede,


Wat presies is Gemeenskapspolisiëring?

Gemeenskapspolisiëring (“Community Policing”) en ‘n Gemeenskap Polisiëring Forum (“Community Police Forum’) wat ek hierna geriefshalwe sal afkort as ‘n “CPF” is statutêr erkende strukture van die polisie. (Dit word gereël deur Hoofsuk 7 van die polisie Wet, 1995.)

Gemeenskapspolisiëring is ‘n beleid en strategie wat:

Ø  meer effektiewe misdaadbekamping in die hand werk;

Ø  mense se vrese rakende misdaad besweer of verminder vanweë ’n gevoel van bemagting en betrokkenheid,

Ø  beter polisiëring verseker omdat dit die gemeenskap en die polisie nader na mekaar bring en die gemeenskap laat besef dat hulle die polisie se oë en ore kan wees in hulle woongebiede.

Ø  kommunikasie kanale tussen die gemeenskap en die polisie skep – iets wat nooit te vore bestaan het nie.

Ø  die polisie ook meer verantwoordbaar teenoor die publiek maak en die polisie en die gemeenskap in staat stel om nouer saam te werk.

Ø  die metro polisie en stadsraad ook meer verantwoordbaar teenoor die publiek te maak en die stadsraad en die gemeenskap beter te laat kommunikeer in sake rakende veiligheid en sekuriteit.


Kort maar kragtig.

Indien u meer wil weet oor sektor polisie klik op die SAPS skakel ("link") hiernaas.




CPF groete en sëenwense,


Kobus L

Motor Kapings

Geagte Lede,

MOTORKAPINGS

Dit wil blyk of motorkapings aan die orde van die dag is in Springs.
Dit blyk iets te wees wat plaasvind gedurende die dag.
Almal van ons is teikens.

Hier volg 'n paar feite oor motorkapings:

* Daar is altyd wapens betrokke, meesal vuurwapens.

* Omtrent alle voertuie word gekaap op bestelling. Dit word meesal in buurlande  verkoop of andersinds geruil vir dwelms.

* Statistieke toon dat Vrydae die gewildste dae is om voertuie te kaap maar dit beteken nie dat geen skakings plaasvind op ander dae nie. Die risiko is net verhoogd op Vrydae.

* Meeste kapings vind plaas gedurende die dag (Vroeg oggend en vroeg aand) - dit is logies want dan is daar genoeg verkeer op die paaie en makliker om te ontvlug.

Ons wil graag sekere punte belemtoon:

1.) Die Goue Reel is: "Jou lewe is meer werd as jou voertuig."
2.) Meeste kapings vind voor jou eie huis plaas alhoewel plekke waar passasiers op- of afgelaai word soos skole of sportbyeenkomste ook gewild is.
3.) Omdat meeste kapings voor jou eie huis plaasvind, wees bedagsaam as jy jou huis nader.(Skakel radio af, moenie op selfoon praat nie en kyk vir vreemde voertuie en voetgangers) As jy 'n vreemde voertuig voor of naby jou huis sien, RY VERBY.
4.) Meeste kapers is jong manne, wees bedag as jy jong voetgangers by jou huis sien of op sypaadjies sit of op die gras lê. RY VERBY.
5.) As jy vermoed jy word agtervolg, sit jou flikkerlig aan lank voor jy by jou eie huis kom en maak of jy by 'n ander se plek wil indraai. As die voertuig  wat jou volg nie 'n kaper is nie sal hy verby ry. As hy nie wil verbygaan nie moet jy hulp op jou selfoon ontbied en jaag na 'n plek waar daar baie mense is soos 'n vulstasie of winkel.
6.) As jy voel jy word agtervolg sit jou noodligte “hazards” aan om aanda te trek. Kapers hou nie daarvan dat aandag op hulle gevestig word nie.
7.) Maak seker jy ken jou motor se registrasienommer sodat jy dit dadelik kan deurgee aan die CPF of SAP as dit gekaap of gesteel word.
8.) As jy jou huis nader in die aand en jy voel bedreig roep die CPF-lede op patrollie in. Vra hulle om in die omgewing te wees. Moenie te skaam wees om dit te doen nie. Dit is waarom ons daar is vir mekaar. Dit is een van die voordele om aan die CPF te behoort.
9.) By robots:
    - Stop ten minste 5 meter agter die voertuig voor jou sodat jy verby kan jaag as gevaar dreig;
    - hou jou tru- en syspieels dop. (Maak altyd seker hulle is so gestel dat jy reg om jou voertuig kan sien);
    - beplan jou stop sodat jy altyd saam met ander voertuie by die robot is. (Pas jou spoed dienooreenkomstig aan lank voor jy die robot nader);
    - as 'n verdagte jou nader druk jou toeter lank en aanhoudend;
    - maak seker vensters is toe en deure gesluit en waardevolle items soos handsakke, selfone en beursies is buite sig.
    - 'n venster wat op 'n piepklein skrefie oop is breek baie moeiliker as een wat dig toe is omdat dit effe meegee as die dief teen hom slaan. Hou dit in gedagte.

LAASTE MAAR NIE DIE MINSTE NIE: AS JY DIE SLAGOFFER VAN 'N KAPING WAS MOET JY ASB VIR TRAUMA BERADING GAAN.
(Trivia: Sielkundiges glo dat mucho-manne gewoonlik trauma van 'n kaping swakker verwerk as hulle gades en kinders omdat hulle voel hulle was magteloos om hulle geliefdes te beskerm. Die trauma en "skuldgevoel" vreet hulle op.) 


OTM ONTPLOFFINGS

Die Goue Reel is: "Jou lewe is meer werd as ABSA se OTM."
Ons ontmoedig alle lede om hoegenaamd betrokke te raak.
Ons beklemtoon dat dit 'n uiters gevaarlike situsie is en doen 'n beroep op lede om nie betrokke te raak nie.
Die modus operandi van hierdie hoogs georganiseerde bendes is om skerpskutters wat wegkruip in die omgewing te plaas en hulle sal nie huiwer om enigiemand koelbloedig dood te skiet nie. Hierdie skerpskutters is opgeleide ex-weermag soldate.

Moenie enige CPF bordjies vertoon naby so 'n ontploffing nie. Verwyder dit as jy in die omgewing is kort na so 'n ontploffing. Beter nog: Verwyder jouself dadelik.

AB


Gebruik en afvuur van vuurwapens deur lede van die CPF

GEBRUIK EN AFVUUR VAN VUURWAPENS DEUR LEDE VAN DIE CPF:

Ons versoek lede om asb te let op die volgende reëls rakende die gebruik van vuurwapens. Daar moet asb streng voldoen word aan hierdie reëls.

Benewens die gemenereg bevat die Vuurwapenwet sekere bepalings aangaande die afvuur en gebruik van vuurwapens en die rig daarvan.

INTERNE REELS VAN DIE CLYDESDALE CPF:

Alvorens die Vuurwapenwet bespreek word is dit nodig om die Clydesdale CPF se reëls rakende die gebruik van vuurwapens neer te lê:

Algemene reel:

1. Lede mag hulle lewens verdedig met ‘n vuurwapen of ander wapen. (Ons bespreek  die beginsels van selfverdediging later hieronder.)

2. Afvuur van ‘n vuurwapen sonder grondige rede is verbode:
a.)    Lede mag onder geen omstandighede ‘n vuurwapen afvuur bloot om vermeende skelms (sigbaar of onsigbaar) die skrik op die lyf te jaag nie. Dit is onwettig selfs al word dit in die lug of in die grond afgevuur.
i) Omdat dit ‘n misdryf is sal dit ook aan die SAP gerapporteer word.
ii) Dit sal ook as ernstige wangedrag beskou word want dit kan ander lede en die publiek laat dink dat op hulle geskiet word. Benewens die feit dat dit onnodiglik by algemene lede van die publiek vrees inboesem, kan dit ook gebeur dat ander CPF-lede terugvuur en veroorsaak dat die CPF-lede op mekaar skiet. Sulke optrede sal as uiters onverantwoordelik beskou word en skorsing uit die CPF is nie uitgeslote nie.

A. Niemand gewond of gedood nie

b.)    Wanneer ‘n lid op patrollie sy vuurwapen gebruik het en nie iemand raakgeskiet het nie moet ‘n lid van die bestuur summier en onmiddellik in kennis gestel word. Die lid van die bestuur sal dan besluit of die diensoffisier van die SAP uitgeroep moet word benewens enige ander polisie lede (bv sektor voertuig).

c.)    Om aan die Grondwet te voldoen en die regte van die individu te beskerm (swygreg) sal die lid van die bestuur ook die lid waarsku dat hy nie verplig is om ‘n inkriminerende verklaring sonder sy prokureur aan die polisie te maak nie maar dit beteken nie dat die voorval nie deur bestuur onder die SAPD se aandag gebring sal word nie.

B. Iemand wel gewond of gedood

d.)   Wanneer ‘n lid op patrollie sy vuurwapen gebruik het en wel iemand raakgeskiet het moet ‘n lid van die bestuur summier en onmiddellik in kennis gestel word. Die lid van die bestuur sal dan sonder uitsondering die diensoffisier van die SAP uitroep benewens enige ander polisie lede (bv sektor voertuig).

e.)      Om aan die Grondwet te voldoen en die regte van die individu weereens te beskerm (swygreg) sal die lid van die bestuur ook die lid waarsku dat hy nie verplig is om ‘n inkriminerende verklaring sonder sy prokureur aan die polisie te maak nie maar dit beteken nie dat die voorval nie deur bestuur onder die SAPD se aandag gebring sal word nie.

C. Wanneer op ‘n lid geskiet word

f.)     Wanneer op ‘n lid op patrollie geskiet is moet ‘n lid van die bestuur summier en onmiddellik in kennis gestel word. Die lid van die bestuur sal dan sonder uitsondering die diensoffisier van die SAP uitroep benewens enige ander polisie lede (bv sektor voertuig).

g.)      Lede (ingeslote lede van die bestuur) is verplig om in so ‘n geval aan te dring dat die polisie ‘n klagte van poging tot moord op die lid oop maak en ondersoek.

3. Rig van vuurwapen of soortgelyke wapen is verbode

(a)  Dit sal as onvanpas en as wangedrag beskou word as lede sonder baie goeie rede ‘n vuurwapen of ‘n gaspistool of windbuks of speelgoedwapen wat soos ‘n vuurwapen lyk op enigeen rig behalwe waar dit abslouut noodsaaklik is om ‘n verdagte wat ‘n Skedule 1 misdryf gepleeg het onder bedwang te bring of in bedwang te hou. (Ons verwys hier na Skedule 1 van die Strafproseswet.)

(b)  Wat is ’n Bylae 1 misdaad?
Ø  Moord,
Ø  Poging tot moord (maar nie gewone aanranding nie);
Ø  Verkragting,
Ø  Roof (ook voertuig kaping),
Ø  Huisbraak (blote teenwoordigheid op ‘n erf is nie huisbraak nie);
Ø  Dwelmhandel;
Ø  Diefstal,
Ø  Bedrog, ens.

Dit is dus net ernstige misdade. (Die lys hierbo is nie heeltemal volledig nie)

U moet asb nie mense probeer arresteer vir die volgende nie en moet dus asb nie ‘n vuurwapen hier gebruik nie:
Ø  Besit van dagga;
Ø  Betreding (sonder om in te breek);
Ø  Dronkbestuur;
Ø  Huismoles;
Ø  Gewone (ligte) aanranding;
Ø  Dronkenskap;
Ø  Verkeersoortredings;
Ø  Vloekery;
Ø  Enige ander geringe oortredings.
(Roep in bg. gevalle die hulp in van die SAP of die Metro Polisie om die arrestasie te doen of situasie te hanteer.)

4. Vertoon van vuurwapens of soortgelyke wapen is verbode
Vertoon van vuurwapens of soortgelyke wapens is verbode tensy dit op een van bogenoemde wettige gronde gedoen word.

WANNEER KAN LEDE OP ‘N VERDAGTE OF AANVALLER SKIET?

Voorbeeld 1:
Die CPF word in die middel van die nag op kanaal 16 uitgeroep na ‘n huisroof toe. Die familie word aangehou en gemartel deur gewapende rowers. Een of meer van ons lede daag by die toneel op en daar word op hom/hulle geskiet. Hulle kan die rower wat op hom/hulle skiet duidelik identifiseer want hulle is amper bymekaar. Hul sien die wapen in die rower se hand. Hulle sien nog twee ander rowers ook met wapens in hulle hande. Dit lyk duidelik dat hulle nie gaan oorgee sonder ‘n geveg nie.

*Kan die CPF terug skiet?
*Kan hulle skiet om dood te skiet?
*Kan hulle ‘n ander rower wat duidelik deel is van die groep skiet al was hierdie rower nie die een wat op hulle geskiet het nie?

Die antwoord op al  drie vrae is ‘n onomwonde “JA” want jy is geretig om ‘n ander te dood in selfverdediging en ook ter verdediging van ‘n derde se lewe.

Voorbeeld 2:
‘n CPF lid word gedurende die nag wakker en hy kan ‘n vreemde persoon identifiseer wat duidelik moes ingebreek het om daar te wees. (Hy sien dus duidelik dit is iemand wat nie in sy huis hoort nie). Hy het geen ander middel om homself te verdedig as om die persoon te skiet nie, want hy weet dat huisbrekers wat weet dat hy wel in die huis is en daarom gewapen sal wees. Kan hy die persoon skiet?
Die anwoord behoort “JA” te wees as hy seker is dit is ‘n inbreker. Hy mag egter nie blindelings deur ‘n toe toilet deur skiet nie.

Voorbeeld 3:
‘n CPF lid word gedurende die nag wakker en hy sien ‘n vreemde persoon by sy motor onder sy motordak en hy kan sien dis ‘n vreemdeling wat by sy motor wil inbreek. Kan hy skiet?
Hierdie is ‘n grys area maar dit kan onomowonde gestel word dat hy nie kan skiet om dood te skiet nie. Dit word nie eens aanbeveel dat hy na die persoon se bene skiet nie. Hy kan beslis glad nie ‘n vuurwapen gebruik as dit ‘n blote geval is dat die persoon so pas oor die muur gespring het nie.


REGSBEGINSELS: SELFVERDEDIGING OF NOODWEER (“PRIVATE DEFENCE”)
Ons bespreek hier die gemenreg.

Daar is ook ‘n ander geval wat toepaslik is op die gebruik van ‘n vuurwapen en dit is waar die CPF lid optree as arresteerder (met ander woorde self polisieman speel), dan is daar ook ander wetlike voorskrifte. (Dit is nou Art 49 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 maar dit het bittermin met gemeenregtelike selfverdediging te doen. Dit is ook ‘n mynveld.)

Ons het hierbo gese dat elkeen volgens die gemenereg geregtig is om homself te verdedig. Jy mag ook die lewe van ‘n ander verdedig. Jy mag egter nie iemand dood wat weghardloop nie.[1] Hoekom nie? Want jy het nie nodig om jouself te verdedig teen iemand wat vlug nie – hy is immers nie meer ‘n gevaar nie.

Die omstandighede in elke situasie verskil en hierdie verskille kan ‘n fundamentele invloed hê wanneer bepaal word of die gebruik van ‘n vuurwapen minimum geweld was of nie. Daar kan daarom nie vooraf gestaaf word dat ‘n vuurwapen in sekere situasies gebruik mag word nie. Slegs basiese beginsels om te bepaal of gevuur kan word of nie, kan as riglyn dien.

Goue reël: Jy mag nie meer geweld gebruik as wat nodig is nie.
Ooreenstemmend met die beginsel van minimum geweld, kan die volgende vrae gevra word: Wanneer, onder watter omstandighede en op watter wyse mag daar gevuur word?

(a) Die goue reël bly steeds minimum geweld. In elke situasie moet daar vasgestel word of daar geen ander uitweg was, behalwe as om te vuur of die persoon te skiet nie.

(b) In verband met die gebruik van ‘n vuurwapen, is dit uiters belangrik dat daar ‘n van balans moet wees tussen die misdaad wat gepleeg is en die mate van geweld wat gebruik is. Jy kan nie ‘n buurman se kinders skiet wat slegs jou huis met vrot tamaties bestook nie.

(c) Voorbeelde van faktore wat in gedagte gehou moet word:

(i) By arres: Wanneer ‘n persoon hom/haar teen arres verset, is die vraag of die persoon nie oorweldig kon word eerder as om hom/haar te skiet nie.

(ii) NB: Wanneer ‘n persoon gearresteer moet word, wat is die kans om die persoon te vind indien u hom laat gaan, eerder as om hom te skiet? (Art 49 van die Strafproseswet geld hier.)

(iii) Die veiligheid en wenslikheid van waarskuwingskote (om waarskuwingskote in stedelike gebiede te vuur, word nie aanbeveel nie). 

(iv) Die veiligheid en wenslikheid om ‘n persoon eerder te wond as om ‘n dodelike skoot toe te dien.

(d) Die howe het besluit dat dit wettig is om ‘n persoon te skiet in die volgende omstandighede, onderworpe aan die beginsel van minimum geweld:

(i) Ter beskerming van lewe:
Die aanval of bedreiging moet gerig wees teen ‘n persoon (ongeag wie dit is), in welke geval die gebruik van ‘n vuurwapen geregverdig is indien daar geen ander manier is om die aanval of bedreiging af te weer nie.

(ii) U mag ‘n vuurwapen gebruik slegs as die aanval onmiddellik dreigend of in aanvang is. Dit beteken dat so ‘n aanval meer as net ‘n moontlikheid moet wees. Vergelding is nie selfverdediging nie.

(iii) U mag ook nie meer geweld gebruik as wat nodig is om die aanval te stop nie. Sodra meer geweld gebruik word, word die beginsel van minimum geweld oorskry en word die verdediger ‘n aanvaller.

(iv) Die geweld wat gebruik word om ‘n aanval af te weer, mag slegs teen die aanvaller(s) gerig word.


BEPALINGS VAN DIE VUURWAPENWET [WET OP BEHEER VAN VUURWAPENS NO. 60 VAN 2000]:

1.) Vertoon van vuurwapen:
Art 84 handel met die dra van vuurwapen in openbare plek.
Dit bepaal dat geen persoon’n vuurwapen in ’n openbare plek mag dra nie tensy die vuurwapen gedra word—
          (a)     in die geval van ’n handwapen—
          (i)      in ’n pistoolsak of soortgelyke houer ontwerp, vervaardig of aangepas vir die dra van ’n handwapen en geheg aan sy of haar persoon; of
          (ii)      in ’n rugsak of soortgelyke houer; of
          (b)     in die geval van enige ander vuurwapen, in ’n houer ontwerp, vervaardig of aangepas vir die dra van die vuurwapen. ’n Handwapen moet voorts in geheel bedek word en die persoon wat die vuurwapen dra, moet doeltreffende beheer oor die vuurwapen kan uitoefen.

2.) Rig van wapens:
Dit is volgens Art 120 ’n misdryf om enige vuurwapen, ’n antieke vuurwapen of ’n windgeweer, hetsy dit gelaai is of in staat is om afgevuur te word, al dan nie, op enige ander persoon te rig, sonder goeie rede om dit te doen.

LW:Dit is ook ’n misdryf om enigiets wat waarskynlik ’n persoon kan laat glo dat dit ’n vuurwapen, ’n antieke vuurwapen of ’n windgeweer is, op enige ander persoon te rig, sonder goeie rede om dit te doen.

3.) Verandering van adres:
Art 25 van die Wet bepaal dat die houer van ’n lisensie, permit of magtiging uitgereik ingevolge die wet moet skriftelik kennis gee aan die Registrateur van enige verandering van sy of haar fisiese of posadres binne 30 dae na so ’n verandering plaasgevind het.

4.) Art 29 handel met   geskonde, verlore of gesteelde lisensies, permitte en magtigings.
Indien ’n lisensie, permit of magtiging uitgereik ingevolge die wet verlore raak of gesteel word, moet die houer van die lisensie, permit of magtiging binne 24 uur van die ontdekking van die verlies of diefstal die Registrateur van sodanige verlies of diefstal in kennis stel. LW:  Indien ’n lisensie, permit of magtiging geskend word, verlore raak of gesteel word, moet die houer van die lisensie, permit of magtiging binne sewe dae van die ontdekking van die skending, verlies of diefstal in die voorgeskrewe vorm by die Registrateur aansoek doen om ’n afskrif van die lisensie, permit of magtiging.

5.) Afvuur van wapen in beboude gebied:

Art 120 bepaal ook dat dit ’n misdryf is om ’n vuurwapen, ’n antieke vuurwapen of ’n windgeweer in ’n beboude gebied of enige openbare plek af te vuur sonder goeie rede om dit te doen.


6.) Art 120 skep sekere ander spesifieke misdade:
Ons noem van die ter saaklike misdade:

4.1         Enige persoon wat bewus is van die bestaan van ’n vuurwapen of ammunisie wat nie in die wettige besit is van enige persoon nie, en versuim om die ligging van die vuurwapen of ammunisie sonder vertraging aan ’n polisiebeampte te rapporteer, is skuldig aan ’n misdryf.

4.2         Dit is ’n misdryf om liggaamlike beserings aan enige persoon te veroorsaak of om skade aan die eiendom van enige persoon te veroorsaak deur ’n vuurwapen, ’n antieke vuurwapen of windgeweer op nalatige wyse te gebruik;

4.3         Dit is ’n misdryf om ’n vuurwapen, ’n antieke vuurwapen of ’n windgeweer af te vuur of andersins te hanteer op ’n wyse wat enige persoon waarskynlik sal beseer of die veiligheid of eiendom van enige persoon waarskynlik in gevaar sal stel of met roekelose verontagsaming van die veiligheid of eiendom van enige persoon;

4.4         Dit is ’n misdryf om beheer te hê oor ’n gelaaide vuurwapen, ’n antieke vuurwapen of ’n windgeweer onder omstandighede waar dit ’n risiko skep vir die veiligheid of eiendom van enige persoon en nie redelike voorsorg te tref om die gevaar te vermy nie.

4.5         Dit is ’n misdryf om ’n vuurwapen, ’n antieke vuurwapen of ’n windgeweer te hanteer terwyl onder die invloed van dwelms of sterk drank.

4.6         ’n Persoon is skuldig aan ’n misdryf indien hy of sy beheer gee van ’n vuurwapen, ’n antieke vuurwapen of ’n windgeweer aan ’n persoon wat hy of sy weet, of redelikerwys moes geweet het geestesongesteld is of onder die invloed is van ’sterk drank of dwelms.

4.7         ’n Persoon is skuldig aan ’n misdryf indien hy of sy versuim om sy of haar vuurwapen of ’n vuurwapen in sy of haar besit in ’n voorgeskrewe kluis, brandkamer of toestel vir veilige bewaring weg te sluit wanneer sodanige vuurwapen nie aan sy of haar persoon gedra word nie of nie onder sy of haar regstreekse beheer is nie; of  om weens sy versuim om die vuurwapen weg te sluit in die voorgeskrewe kluis, brandkamer of toestel vir die veilige bewaring van ’n vuurwapen om nie die sleutels van sodanige kluis, brandkamer of toestel in veilige bewaring te hou nie.

KL





[1] Ons bespreek nie hier die Art 49-uitsonderings nie maar noem net dat volgens hierdie artikel van die Strafproseswet voortvlugtendes ook straffeloos gedood kan word maar om iemand in so ‘n geval te dood is moeilikheid soek en ‘n mynveld van regsbeginsels waaroor selfs regsgeleerdes en regters verskil. In kort kan Art 49 se werking soos volg uiteengesit word na aanleiding van ‘n uitspraak deur die Grondwetlike Hof in die saak Ex Parte Minister of Safety and Security: In re S v Walters. Die hof het bevind dat die ou bewoording van art 49(2) van die Strafproseswet, 1977 (Wet No 51 van 1977) ongrondwetlik en dus nietig is. Die regsposisie het nou egter agv die uitspraak van die Grondwetlike Hof, soos volg verander:
a) Die skiet van ‘n verdagte om ‘n arrestasie uit te voer, is slegs in beperkte gevalle toelaatbaar. Benewens die gevalle van selfverdediging hierbo genoem, kan die persoon wat bevoeg is om ‘n arrestasie uit te voer ‘n verdagte onder die volgende omstandighede skiet i) wanneer die verdagte ten opsigte van geweld ‘n bedreiging vir die arresteerder of ‘n ander persoon inhou; of
ii) indien die verdagte op redelike gronde daarvan verdink word dat hy ‘n misdaad gepleeg het waarby geweld of die dreigement van geweld aanwesig was en daar geen ander redelike wyse is om die arrestasie uit te voer nie, ongeag in daardie of ‘n later stadium; iii) Onder geen omstandighede egter mag geskiet word om te dood slegs om die arrestasie uit te voer nie. (Dit beteken dat skiet, bv na die bene, geoorloof sal maar dat skiet om te dood na die aanval of bedreiging en slegs om te arresteer, strafbaar sal wees.) Skiet om te dood deur ‘n voornemende arresteerder sal regtens verskoonbaar wees slegs uit selfverdediging of ter verdediging van ‘n ander persoon en natuurlik mits ‘n minder gewelddadige metode nie onmiddellik beskikbaar was nie.

What to do when your dog is poisoned by criminals

What to do when your dog is poisoned by criminals

Here is an article from Manderston Canine Academy[1]


The poisoning of dogs, as a precursor to further crimes such as burglary, robbery, rape, etc., is extremely common in South Africa.

We are focusing on criminal poisoning only. There are numerous common substances in and around the house that can be dangerous to your dog. These include chocolate, raisins, onion, all household medicines, and of course household detergents and insecticides. Prevention is always better than cure!

Be informed, careful, and prepared. You should note that first aid procedures for other poisonous substances may be quite different from those proposed herein. Ask your vet before you act.

These first aid measures may not be appropriate for other animals.



Which poisons?


The most common poisons used are organophosphates and carbamate (Aldicarb, Temik, also known as Two-Step). Rat poison is another commonly used option.



Most poisons, with the exception of the rat poisons, are formulated so that they have a bad taste as a means of discouraging ingestion. Unfortunately, when these formulations are considered, the manufacturers have humans in mind. Anyone who has spent some time observing animals will know that a sufficiently motivated animal will ignore a bad taste.



Identification and presentation


Temik is easily identified. It is in the form of tiny black or bluish/grey granules, similar to gunpowder. Most rat poisons appear in pelleted or caked form. Other poisons are more difficult to identify as there is a greater variety. All poisons are presented to the dogs with food. Common presentations include polony, meat, fish, maize meal, or bread: all rolled in, or stuffed with the poison. 

Signs and symptoms


These poisons are extremely fast acting and deadly, even if your dog only ingested a small amount. Even if you catch your dog in the act of ingesting the poison, there is no time to waste. Don’t wait for your dog to display symptoms. Take action immediately.

The following symptoms may appear, listed in no particular order:
 •Profuse twitching of the skin
 •Disorientation
 •Bruising in the case of anticoagulants
 •Vomiting, which may include blood in case of anticoagulant poisoning
 •Confusion
 •Excessive salivation
 •Excessive bronchial secretion, i.e. coughing up slime
 •Excessively runny nose
 •Hyperventilation
 •Restlessness
 •Weakness
 •Somnolence
 •Lethargy
 •Dyspnoea, i.e. difficulty breathing
 •Anxiety
 •ervousness
 •Convulsions
 •Seizures
 •Posture abnormalities, i.e. body contorted into abnormal positions
 •Diarrhoea: may be mucous; may be black or “tarry” in the case of anticoagulant poisoning
 •Abnormal pupils – either pinpoint or dilated
 •Abdominal pain
 •Tremors and muscle twitching
 •Temporary or partial paralysis, partial loss of movement
 •Unconsciousness
 •Coma
 •Bleeding, from nose, gums, wounds in the case of anticoagulants
 •Acute blindness in the case of anticoagulants
 •Pallor
 •Blood in the urine in the case of anticoagulants



First Aid


The faster you act, the better your dog’s chances. Nonetheless, you should know that there are no guarantees.

Preparations:-
 1.Make sure you have your vet’s number saved on your cell and in a prominent place in your home. Since most poisonings happen at night, make sure your vet is available 24/7/365. If not, find an alternative vet who is available at any time for emergencies and establish a relationship with the practice. 

 2.The section below describes the emergency procedure to follow when your dog is poisoned. You will require the following for each dog:

 1.Large syringes (60ml)

 2.At least one of the following: high foam washing powder, Hydrogen Peroxide 3% solution (available from your pharmacy), Apomorphine Hydrochloride (either powder or injection plus syringe and needle for administration (the latter two are schedule 4 medicines, don’t worry if you can’t get them—use one of the other methods)

 3.Activated Charcoal in granular, powder, or tablet form (available from your pharmacy or health shop), or a veterinary preparation.

 4.Castor Oil to help move the activated charcoal through the intestines.

 5.Atropine plus syringe and needle for administration (This is a schedule 4 medicine, don’t worry if you can’t get it, you vet will administer it.

6.The above will need to be administered in specific dosages. Work out the dosage for each based on your dog’s average weight and write it down clearly.

 7.If you wish, you can measure and pre-package the dry items for each dog.

 8.Put everything together in an emergency kit bag and place it in an easily accessible, yet protected place.

 9.Review the contents of the bag regularly to ensure that medicines with expiry dates are replaced when necessary and your calculated dosages keep up with your dog’s changes in bodyweight.

Emergency Procedure:-

 Steps 1 to 4 are vital initial procedures you should undertake immediately. Proceed with step 5 and further based on the time it will take you to get your dog to a vet and the severity of the symptoms. 

 1.As soon as you suspect that your dog has been poisoned, have someone phone the vet to let them know that you are on your way. If you are alone, phone the vet between the following actions. Remain calm and focus on what you need to do.

 2.Remember that poisonings seldom happen for their own sake: they are a preparatory step for a further crime. Alert your security company and the police immediately.

 3.Immediately remove your dog and any other animals and children from the source of the poison. If it means confining your dog in the house, do so. If you can, use a room or courtyard that has little furniture or objects on which your dog could injure itself. If you have to go indoors choose a place with a tiled floor if you can.

 4.If your dog is conscious, not having seizures and is not having difficulty breathing, you should induce vomiting. If at any point during the process your dog develops any of these symptoms, stop and rush your dog to the vet immediately. If you have tried inducing vomiting without success for at the most ten minutes without success, stop and rush your dog to the vet. Make sure that the dog does not re-ingest the vomit. If you can, inspect the vomit visually for signs of the poison – it may be helpful if you can describe it firstly to your vet, and later to the police. The following methods are most effective:

1.Force a ball of high foam washing powder down its throat. Prepare the ball with washing powder and a little water. The amount should be in relation to the size of the dog.

 2.Prepare a 50/50 mixture of 3% Hydrogen Peroxide and water. Measure 5ml per 5kg body mass and force this down the dog’s throat. A large syringe is useful for this. Walk your dog to ensure the mixture mixes with the stomach content. Repeat the process no more than twice if the dog doesn’t vomit within a few minutes.

 3.If you have access to it, an injection of Apomorphine Hydrochloride 0,05mg per kg bodyweight, or pull down the lower eyelid of one eye and apply Apomorphine Powder.

 5.Once you are sure that the dog’s stomach is empty, get your dog to swallow Activated Charcoal. The dosage is 0.5g/kg body weight (a 10kg dog would require 5g). Add between 5 and 25ml Castor Oil to the mix—about 5ml per 10kg or part thereof. The best way to get this done is using a granular or powdered charcoal product mixed into a slurry with a little water, fill into a large syringe, add Castor Oil and then squirt the mixture into the back of the dog’s mouth.

 6.Only if your dog has vomited, and if you have access to it, administer 1ml Atropine per 10kg body mass subcutaneously or intramuscularly. Atropine inhibits vomiting and may thus cause more harm than good if administered prematurely. In the case of rat poison, do not administer Atropine, proceed directly to the vet.

 7. Get your dog into the car and rush to the vet. If your dog is having convulsions, or is lethargic, somnolent, or unconscious, use a blanket or something similar as a stretcher. Be careful carrying a dog with convulsions as you might get bitten accidentally.

 8.Tell the vet what you have done from discovering the poisoning up to the point of entering the practice. Also try to remember when the poisoning was discovered, what symptoms presented and when, as well as your subjective judgement of how much of the poison your dog ingested, based on what you saw of the stomach content.


What to expect:-
 If your dog survives the initial crisis and your vet got it through the first 12 hours, you may see:

 1.A quick recovery, if you are lucky. Your dog will continue to cough for a few days, be teary-eyed, and may be a bit weak, and will need to eat bland food (i.e. rice and boiled, unseasoned chicken) for a few days to give the liver a chance to recover fully. You may observe some long term impact which may, or may not, improve with time, depending on which systems were damaged by the poison. Your dog may thus require ongoing supportive treatment.

 2.Persistence of some of the symptoms, specifically hypersalivation, slow heart rate, diarrhoea: often mucous due to glandular over-secretion, vomiting, contraction of the pupils, central nervous system stimulation with hyperactivity, mania, anxiety or depression, seizures, difficulty breathing, Increased bronchial secretions. These are referred to as the Muscarinic effect of the poison. While treatment for this effect is available, the effectiveness thereof depends on the severity of the poisoning.

 3.Your dog may also experience muscle twitching under the skin, but this may progress to muscle weakness and partial inability to move and respiratory paralysis. These symptoms may initially be masked by anxiety and stress associated with the Muscarinic effect. They often only manifest clearly after 36 to 72 hours and are referred to as the Nicotinic effect of the poison. This is one of the most dangerous parts of the poison process’s progression and many dogs die of paralysis of respiratory system.

 4.Throughout the dog’s treatment, even though you may observe apparent improvement, there is the risk of organ damage or failure, which may lead to the dog’s death.




The Aftermath


 1.You need to report the poisoning to the police. All police stations in South Africa have been instructed on poisonings, but you may still meet resistance when attempting to open a case. Here are specific charges you may lay:

1. Contravention of Section 2(1)(n), alternatively Section 2(1)(d) of the Animal Protection Act, Act 71 of 1962, as amended: Administer poisonous substance to animal
 AND In the case of Carbamate (Aldicarb – Temik/Sanacarb/two-step)

2.Contravention of the Fertilisers, Farm Feeds, Agriculture Remedies and Stock Remedies Act, Act 36 of 1947, as amended: Possession of an illegal substance, AND

 3.Hazardous Substances Act, Act 15 of 1973, as amended: Possession of an illegal substance

In order to make these charges stick, you need to make sure the police get a sample of the poison. Carefully collect any leftover poison from the garden or, if there is nothing there, collect a sample from the vomit (preferably with visible samples of the poisoned substance) and keep it in the fridge until you can hand it over. You can also give a copy of the vet’s bill, which will be quite substantial, to the police. It will help to substantiate the damage caused in monetary terms. This is of course wholly inadequate as a measure of the real damage, but it’s something concrete one can use in court. 2.You need to clean up. This will be one of the most difficult tasks you’ll ever have to undertake. Not only is it a messy job, it is an emotional one! Here is what you need to do:

 1.Protect yourself from the poison: It is just as poisonous to you as it is to your dog. Wear rubber gloves, wear protective clothing, wear decent shoes. Remember: the poison can be ingested, inhaled, and absorbed trough the skin. Do not smoke, eat or drink, rub your eyes, or handle any uncontaminated household articles before changing clothes and thoroughly washing your hands, face and other exposed skin.

2.Restrict access to all contaminated areas, regardless whether it is vomit, saliva, or any other fluid or substance. This means no children, no visitors, and no other pets; only the person who is going to clean up should be allowed in.

 3.Collect all remaining poison from the place where the dog was poisoned. Seal it in decent plastic containers. Sprinkle Slaked Lime over the area and water down the entire area extremely well. Also water down any run-off very well. You want to remove all remnants of the poison from the surface.

 4.Collect all the solid waste as well as severely soiled articles and seal all in plastic containers.

 5.Wash everything that was in contact with the poison, including any excretions from your dog. A 10% solution of Sodium Carbonate is recommended. Brush the solution well into the entire area and leave for at least 8 hours. Wash off and absorb the water into an absorbent material. Wood-based cat litter pellets work really well — a little absorbs a lot of water and it’s easy to collect afterwards. Do not dispose of in the drain; dispose of as described below. Wash again with a strong household detergent and dry with an absorbent material. Do not dispose of washing water in the drain or garden! Remember to wash window sills, walls, doors and door frames, legs of furniture, etc.

 6.All washable rugs, table cloths, cushions, etc. should be washed thoroughly by machine – remember to remove and collect all solid waste before washing. Use a strong oxidising detergent such as “Vanish”.

3.Dispose of the waste:

 1.If you are in a municipal area, your municipality should be able to handle toxic waste. Contact them in connection with the collected waste. Alternatively contact a reputable toxic waste disposal company for assistance.

 2.If you are in a rural area:

1. Do Not dispose of anything into the septic tank since you’ll poison everything downstream of the French drain.
 2.Aldicarb/Temik: burry the contaminated material at least 45cm deep (make sure no animal will be able to dig the stuff up again), in excess of 50m away from wells, French drains, trenches and water runs. Mix an equal mass of Soda Ash (Sodium Carbonate) or Slaked Lime (Calcium Hydroxide) into the material. Soak well with water. Backfill.

 3.Organophosphates: Burn all collected materials and absorbent material used in washing in a place where no ground or water contamination by smoke or ash can take place. Collect the ash, mix with equal mass Soda Ash, and bury as above. Only burn if you are sure that no Aldicarb/Temic was used, otherwise burry everything as above.

 4.Rat Poison: it is difficult to recommend a disposal method without knowing what is in it.

 3.If in any doubt, contact your nearest Poison Information Centre.

 4.If at any time during the cleanup process, you or a family member feels ill, don’t hesitate: go see a medical professional. There is a real possibility that you may have been exposed to too much of the poison and may be experiencing symptoms of poisoning yourself.







[1]  By J Günther