Tuesday, February 11, 2014

Wat presies is Gemeenskapspolisiëring?

Geagte Inwoners en CPF lede,


Wat presies is Gemeenskapspolisiëring?

Gemeenskapspolisiëring (“Community Policing”) en ‘n Gemeenskap Polisiëring Forum (“Community Police Forum’) wat ek hierna geriefshalwe sal afkort as ‘n “CPF” is statutêr erkende strukture van die polisie. (Dit word gereël deur Hoofsuk 7 van die polisie Wet, 1995.)

Gemeenskapspolisiëring is ‘n beleid en strategie wat:

Ø  meer effektiewe misdaadbekamping in die hand werk;

Ø  mense se vrese rakende misdaad besweer of verminder vanweë ’n gevoel van bemagting en betrokkenheid,

Ø  beter polisiëring verseker omdat dit die gemeenskap en die polisie nader na mekaar bring en die gemeenskap laat besef dat hulle die polisie se oë en ore kan wees in hulle woongebiede.

Ø  kommunikasie kanale tussen die gemeenskap en die polisie skep – iets wat nooit te vore bestaan het nie.

Ø  die polisie ook meer verantwoordbaar teenoor die publiek maak en die polisie en die gemeenskap in staat stel om nouer saam te werk.

Ø  die metro polisie en stadsraad ook meer verantwoordbaar teenoor die publiek te maak en die stadsraad en die gemeenskap beter te laat kommunikeer in sake rakende veiligheid en sekuriteit.


Kort maar kragtig.

Indien u meer wil weet oor sektor polisie klik op die SAPS skakel ("link") hiernaas.




CPF groete en sëenwense,


Kobus L

No comments:

Post a Comment