Wednesday, August 11, 2010

Kenmerke en Merkers in ons area.

Kenmerke en Merkers in ons area.

Ons het die volgende waarskuwing ontvang en dit blyk nie ’n urban legend te wees nie.

Dit blyk dat skelms die volgende tekens plaas vir hulle makkers om onskuldige inwoners in hulle woonbuurte aan te val:

 As daar ’n “z” op stopteken of pad geverf is, is daar ‘n paar huise in die straat wat geroof word.

 As daar ‘n klomp klein klippies opmekaar gestapel word is daar honde.

 As daar twee groot klippe lans mekaar is bly daar 2 ou mense

 Daar word ook klippe langsmekaar in ‘n ry gesit om aan te dui hoeveel mense in die huis bly “ swartsika” teken op pad geverf of op stoptekens en by paar huise in straat. Die rigting waarin die “swartsika” wys is die huis wat geroof word.

Kleure Betekenis

 Rooi > coke blikke, rooi lap ens. Dui daarop dat weerstand verwag word. Gewoonlike persone met vuurwapens, mense wat in die nag skiet weet jy het ‘n wapen. Gewoonlik 2 coke blikkies, coke blik wat regop staan beteken – niemand in die huis.

 Wit > sorghum boksie, wit plastiek sak – maklike teiken, sorghum boksie na huis toe wys – gemerk, wit plastiek sak in heining of draad gemerk – maklike teiken.

 Groen > Rigting aanduiders – die rigting waarheen die groen bottle ens wys, wys die rigting aan waarheen hulle moet beweeg.

 Blou > iemand in die huis en bereid om saam te werk bv. Clicks sakkie

 Blou en wit > maklike teiken en iemand wat sal saam werk.

 Swart > veediefstal

Simba chips pakkies – gewoonlik ‘n pakkie wat netjies gevou is , of ‘n duidelike gesiggie gesien kan word…

 Chips pakkies as gesiggie na jou huis wys – baas by die huis.

 Chips pakkies as gesiggie weg van jou huis af wys – baas nie by die huis nie.

 Skoene of skoensole by die hek – gewoonlik aanduiding dat daar niemand bly nie. As ingebreek word die roete aangedui deur skoene of skoensole – roete om te hardloop.

 Vreemde voorwerp – as jy by die huis kom en daar staan skielik ‘n asblik, kartonboks, baksteen of buurman se boomtak – ry verby want as jy uitklim om dit te verwyder is jy ‘n sagte teiken. Skakel die polisie!!

 ‘n baksteen is gewoonlik om ‘n kar te steel.

 2 of 3 bakstene wys op huis rowe – gewoonlik nuwe bakstene.

Ons rig ook die volgende algemene waarskuwings:

 As hond skielik dood is of braak en daar is swart kolletjies in die braaksel, of wit poeier naby hond is of in braaksel – kontak die polise dadelik en hulle sal die braaksel en hond verwyder – moenie daaraan vat nie dis baie gevaarlik!! As honde blaf in die nag luister na die tipe blaf..

 Kiewiete op die plotte maak ‘n spesifieke geluid as hulle ‘n uil sien en ‘n ander geluid as hulle ‘n mens sien.>

 Skelms bel jou huis of selfoon om te hoor of jy by die huis is.>

 Skakel krag by bokse af – as jy uitaan om te gaan kyk is die huis oop en jy en die mense in die huis is sagte teikens.

Wat om te doen:

 Vat die tekens onmiddelik weg en gooi sulke goed in die asblik.

 Daar was al gevalle waar 3 keer tekens weggevat is - dan is die outjie in die moeilikheid wat dit moes plant.

 ‘n Persoon het die tekens gewys en almal in die omgewing is geroep om daarna te kyk, toe hy later in die pad afry toe is daar ‘n tak in die pad, - die merker het in die boom gesit toe almal daar was. Niemand het opgekyk nie.

 Mense in komplekse en woonstelle is nie so veilig nie – ‘n persoon maak of hy vir iemand in die kompleks kom kuier en teken die boek in en daar is iemand in die kattebak en dan word die persoon binne die kompleks afgelaai en na die tyd word die persoon weer opgelaai en ry uit.

 Hou sypaadjies netjies en gras kort.

 Ook op plotte en plase sodat niks darin gegooi kan word wat jou as teiken kan identifiseer nie.

 Wees asb paraat en kyk om jou na enige tekens.

No comments:

Post a Comment