Tuesday, February 11, 2014

Motor Kapings

Geagte Lede,

MOTORKAPINGS

Dit wil blyk of motorkapings aan die orde van die dag is in Springs.
Dit blyk iets te wees wat plaasvind gedurende die dag.
Almal van ons is teikens.

Hier volg 'n paar feite oor motorkapings:

* Daar is altyd wapens betrokke, meesal vuurwapens.

* Omtrent alle voertuie word gekaap op bestelling. Dit word meesal in buurlande  verkoop of andersinds geruil vir dwelms.

* Statistieke toon dat Vrydae die gewildste dae is om voertuie te kaap maar dit beteken nie dat geen skakings plaasvind op ander dae nie. Die risiko is net verhoogd op Vrydae.

* Meeste kapings vind plaas gedurende die dag (Vroeg oggend en vroeg aand) - dit is logies want dan is daar genoeg verkeer op die paaie en makliker om te ontvlug.

Ons wil graag sekere punte belemtoon:

1.) Die Goue Reel is: "Jou lewe is meer werd as jou voertuig."
2.) Meeste kapings vind voor jou eie huis plaas alhoewel plekke waar passasiers op- of afgelaai word soos skole of sportbyeenkomste ook gewild is.
3.) Omdat meeste kapings voor jou eie huis plaasvind, wees bedagsaam as jy jou huis nader.(Skakel radio af, moenie op selfoon praat nie en kyk vir vreemde voertuie en voetgangers) As jy 'n vreemde voertuig voor of naby jou huis sien, RY VERBY.
4.) Meeste kapers is jong manne, wees bedag as jy jong voetgangers by jou huis sien of op sypaadjies sit of op die gras lê. RY VERBY.
5.) As jy vermoed jy word agtervolg, sit jou flikkerlig aan lank voor jy by jou eie huis kom en maak of jy by 'n ander se plek wil indraai. As die voertuig  wat jou volg nie 'n kaper is nie sal hy verby ry. As hy nie wil verbygaan nie moet jy hulp op jou selfoon ontbied en jaag na 'n plek waar daar baie mense is soos 'n vulstasie of winkel.
6.) As jy voel jy word agtervolg sit jou noodligte “hazards” aan om aanda te trek. Kapers hou nie daarvan dat aandag op hulle gevestig word nie.
7.) Maak seker jy ken jou motor se registrasienommer sodat jy dit dadelik kan deurgee aan die CPF of SAP as dit gekaap of gesteel word.
8.) As jy jou huis nader in die aand en jy voel bedreig roep die CPF-lede op patrollie in. Vra hulle om in die omgewing te wees. Moenie te skaam wees om dit te doen nie. Dit is waarom ons daar is vir mekaar. Dit is een van die voordele om aan die CPF te behoort.
9.) By robots:
    - Stop ten minste 5 meter agter die voertuig voor jou sodat jy verby kan jaag as gevaar dreig;
    - hou jou tru- en syspieels dop. (Maak altyd seker hulle is so gestel dat jy reg om jou voertuig kan sien);
    - beplan jou stop sodat jy altyd saam met ander voertuie by die robot is. (Pas jou spoed dienooreenkomstig aan lank voor jy die robot nader);
    - as 'n verdagte jou nader druk jou toeter lank en aanhoudend;
    - maak seker vensters is toe en deure gesluit en waardevolle items soos handsakke, selfone en beursies is buite sig.
    - 'n venster wat op 'n piepklein skrefie oop is breek baie moeiliker as een wat dig toe is omdat dit effe meegee as die dief teen hom slaan. Hou dit in gedagte.

LAASTE MAAR NIE DIE MINSTE NIE: AS JY DIE SLAGOFFER VAN 'N KAPING WAS MOET JY ASB VIR TRAUMA BERADING GAAN.
(Trivia: Sielkundiges glo dat mucho-manne gewoonlik trauma van 'n kaping swakker verwerk as hulle gades en kinders omdat hulle voel hulle was magteloos om hulle geliefdes te beskerm. Die trauma en "skuldgevoel" vreet hulle op.) 


OTM ONTPLOFFINGS

Die Goue Reel is: "Jou lewe is meer werd as ABSA se OTM."
Ons ontmoedig alle lede om hoegenaamd betrokke te raak.
Ons beklemtoon dat dit 'n uiters gevaarlike situsie is en doen 'n beroep op lede om nie betrokke te raak nie.
Die modus operandi van hierdie hoogs georganiseerde bendes is om skerpskutters wat wegkruip in die omgewing te plaas en hulle sal nie huiwer om enigiemand koelbloedig dood te skiet nie. Hierdie skerpskutters is opgeleide ex-weermag soldate.

Moenie enige CPF bordjies vertoon naby so 'n ontploffing nie. Verwyder dit as jy in die omgewing is kort na so 'n ontploffing. Beter nog: Verwyder jouself dadelik.

AB


No comments:

Post a Comment